CENTRAL SPORT

 

 

Climbing is as close as we can come to flying. - Margaret Young

Rotsklim is 'n sport waar deelnemers op en oor natuurlike of kunsmatige rotse klim soveel hulle wil. Die sport daag jou fisies en geestelik uit en gebruik krag, behendigheid, uithouvermoë en balans. Dit kan definitief gevaarlik wees as dit onvoorbereid en onversigtig aangepak word.

'n Gradering sisteem word vir klimroetes gebruik.  Die graderings is subjektief en daar is verskeie verskillende sisteme wat gebruik word. Climb ZA het 'n kaart wat 'n paar van die gradering sisteme vergelyk en jy kan dit hier vind.

Suid Afrika het van die beste klim plekke in die wêreld met ons diverse bergreekse en koppies. As gevolg van die diversiteit is daar 'n groot gemeenskap van klimmers wat passievol is oor die sport in meeste dele van die land. Al wat nodig is om die sport te geniet is basiese toerusting, veiligheids maatreëls en 'n bietjie geselskap.

Toerusting (soms te huur):
Helmet
Klim skoene
Poeier sak

Camp and Climb verkoop 'n reeks klim toebehore.
iWarehouse het ook 'n verskeidenheid toerusting.

Om te begin:

Aan die begin is dit 'n goeie idee om by 'n kunsmatige klimmuur uit te kom. In Kaapstad is 'n goeie opsie CityROCK. Hulle verhuur toerusting en het 'n toerusting winkel.  Daar is ook klimmure en roetes vir alle ervaring (en gemak) vlakke.

Momentum Climbing and Adventure Club in Bloemfontein het 'n klimmuur op die Universiteit gronde. Hulle reël ook uitstappies na klim roetes in die omgewing.

Southern Rock Gym in Durban het beide binne en buitenmuurse klim roetes, 'n winkel en opleiding.

Wonder Wall in Johannesburg het alles wat jy nodig het om te begin: toerusting te huur of te koop, opleiding, verversings en klim mure... natuurlik!

Daar is nog baie (te veel om hier te lys), maar 'n meer volledige lys kan gevind word by Indoorclimbing.com.

Goeie inligting oor rotsklim kan hier gevind word:

SA Climbing Info Network
Climb Za - Everything Climbing

Terug


English Afrikaans 

Tuis | Pluimbal |Rotsklim |Verfbal |Boogskiet |Fietsry | Kontak Ons                  Admin