CENTRAL SPORT

 

 

"For some being a weekend warrior is enough. Other play for the thrill of victory, and seek out higher levels of competition. Paintball serves up plenty of opportunities for everyone. How far you go in this sport is largely up to you." - Steve Davidson

 Verfbal merker

Verfbal merker parte

Of jy net vir pret wil speel of ernstig wil raak in die baie kompeterende sport, verfbal is 'n baie goeie manier om van jou frustrasies ontslae te raak na 'n lang werk week. Om saam te werk as 'n span en met 'regte' ammunisie te skiet sal beter wees as 'n videospeletjie. Die adrenalien en bevrediging van jou doel as 'n span bereik en soms verslaan word maak van die sport iets wat jou terug sal trek.

As jy wil begin behoort jy maklik 'n vriend te vind wat verfbal speel. Anders sal 'n verfbal winkel in jou omgewing jou kan help. Jy kan 'n verfbal veld vind deur na die Go Paintball webwerf (www.gopaintball.co.za) te gaan.

Variasies van verfbal sluit in 'Capture the flag', Eliminasie, 'Woodsball', Spoedbal en Scenario verfbal. Basies is die variasies van verfbal wat gespeel kan word eindeloos.  Hou in gedagte dat elke veld verskillende reëls kan hê.  Maak seker van die reëls voordat die game begin.

Maak nie saak wat die doel van die variasie is nie, elke speler moet sy beste doen om opponente te skiet en self nie geskiet te word nie. 'n Raakskoot word getel wanneer die merk van die verfbal duidelik sigbaar is (groter as 'n muntstuk). Spatsels van verfballe wat ander voorwerpe tref tel nie. As 'n speler twyfel of 'n skoot geldig is kan 'n 'paint check' versoek word. As die skoot geldig is moet die speler die veld verlaat terwyl hy sy merker oor sy kop hou en na die wag sone gaan. Die wag sone moet weg van die speelveld wees sodat spelers wat uit is hulle maskers kan skoonmaak.

Omdat jy basies almal uitnodig om vir jou te teiken met verfballe is 'n masker en beskermende klere belangrik.  Om op die vel getref te word kan 'n merk los, maar om in die gesig geskiet te word kan baie gevaarlik wees.

Verfbal is nogtans veilig vir alle ouderdomme solank veiligheidsmaatreëls gevolg word en 'n masker en ander beskermende drag reg gebruik word.

'n Variasie van verfbal is 'airsoft' waar replika vuurwapens en nie-metaal pellets gebruik word. Skermitselings en scenarios word nagemaak en militêre taktieke word ingespan om die doel van die spel te bereik. Weereens is baie variasies moontlik.

As jy boogskiet kan jy iets anders probeer.  Kyk na die Airow geweer.  Die aanhegsel heg 'n verfbal geweer aan 'n standaard boog.

Natuurlik kan 'n kettie ook gebruik word wanneer die gewere by die huis gelos word.

Beskermende toerusting:
- Masker
- Overalls
- Handskoene
- Beskermende harnas (opsioneel)

Wapen:
- Verfbal merker
- Verfballe
- Hopper
- Compressed air of CO2 canister.

Shopping:
www.pbagear.co.za
www.paintballshop.co.za
www.paintballonline.co.za
www.iwarehouse.co.za

Paintball forum is 'n webblad vir bespreking en jy kan ook inligting oor verfbal in Suid Afrika kry. Tweedehandse toerusting is ook beskikbaar.

Ander inligting:
www.gopaintball.co.za - het 'n lys van velde met 'n oorsig en kontak besonderhede.

www.xpaintball.co.za - Informasie oor die X Paintball veld in Somerset West.

www.ruinspaintball.com - Informasie oor Ruins paintball veld in Bloemfontein.

www.sarpl.co.za - South African Regional Paintball League

www.sanpa.co.za - South African National Paintball Association

Terug


English Afrikaans 

Tuis | Pluimbal |Rotsklim |Verfbal |Boogskiet |Fietsry | Kontak Ons                  Admin