CENTRAL SPORT

 

 

Those who play badminton well take decisions quickly. - Dmitry Medvedev

Pluimbal baan

Pluimbal baan

Pluimbal raket

Pluimbal raket

Pluimbal is 'n vinnige raket sport wat baie lekker kan wees om te speel.  Dit kan ook baie frustrerend wees en selfs die beste spelers sukkel om hulself reg te ruk na 'n paar slegte stelle.

Die sport vereis sagte hantering, akkuraatheid, harde dryfhoue en vinnige reflekse.  Pluimbal buite kan groot pret wees, maar vir oefening en kompetiesie is 'n klub 'n moet. Meeste klubs oefen twee tot drie keer per week en daar is gewoonlik spelers van alle vlakke wat oefen. Klub kapteine sit spelers op die bane en maak seker almal kry speelkans.  Hulle behoort ook te kyk dat beginners die kans kry om saam met ervare spelers te speel.

As jy belang stel om pluimbal te probeer, kontak 'n klub in jou omgewing en vind uit waar en wanneer hulle oefen. Bring skoene wat nie merke maak nie sowel as water, 'n handdoek en geduld.

Om met pluimbal te begin kan uitdagend en frustrerend wees. Ervare spelers laat dit sommer maklik lyk, maar dit vat oefening om 'n goeie nethou, dryfhou en terughand hou te speel sowel as om vinnig oor die baan te beweeg. As jy voorheen tennis gespeel het, moet jy afleer om met 'n reguit arm te speel en dat die houe uit jou gewrig kom. Dit kan tog 'n lekker sport wees as jy dit tyd gee en onthou om dit nie te ernstig te vat nie en dit te geniet.

As jy reeds beign het is dit 'n goeie idee om aan kompetisies deel te neem. Daar is gewoonlik twee tot drie kompetisies in 'n jaar waar jy jouself kan meet teen ander spelers. Inskrywings kos gewoonlik 'n klein bedrag om die koste van die pluime te dek. Die geleenthede is nogal pret, maar jy gaan baie tyd hê tussen wedstryde.  Bring versnaperinge, baie water en iets om jouself mee besig te hou.  Dit is nou as jy nie na die ander wedstryde wil kyk nie.

Vir wenke oor strekke en opwarming, lees hier.

Toerusting:
Pluimbal raket - kos enigiets van R200 tot oor R1,500
Merkvry skoene
Water en 'n handdoek
Pluime - word deur die klub verskaf

Gaan hier vir 'n pluimbal koopgids.

Kontakte Kaapstad:

Dean Brotherton vir pluimbal toerusting verkope. Hy verkoop rakette, skoene en ander items.
Epos: dean@pioneerfreight.co.za

Jaco de Beer vir rakette, en ander items.
Epos: jaco@centralsport.co.za

Kontakte Bloemfontein

Roelof Dednam vir rakette en ander items.
Cell: 083 504 8946

Fooie:
Fooie verskil per klub en hang af van die ligas waaraan jy deelneem.

Vir 'n oorsig oor pluimbal reëls, klik op die skakel (engels):
Pluimbal Reëls (dokument deur Universiteit van Pretoria)

Vir Provinsiale Vereniging kontak besonderhede, kyk hier:
Provinsiale Assosiasies

Terug


English Afrikaans 

Tuis | Pluimbal |Rotsklim |Verfbal |Boogskiet |Fietsry | Kontak Ons                  Admin