CENTRAL SPORT

 

 

Recurve boog:

Recurve book

Kompakte boog: 

Kompakte boog

Illustrasies van http://www.discoverarchery.org/.

Boogskiet bestaan al baie lank en was gebruik as 'n wapen vir jag en oorlogvoering. Met die ontwikkeling van vuurwapens het belang in boogskiet gedaal. Sedert die 1840s het boogskiet herleef as 'n sport en 'n populêre sport geword.  Die sport kan deur enigeen as 'n kompeterende sport geniet word en niemand hoef terug te staan vir enigeen nie.  Boogskiet vereis dissipline om ordentlik te leer skiet, maar verskerp konsentrasie.  Dit is baie belonend om 'n goeie groepering te kry.

As jy die sport wil uittoets, kontak 'n klub in jou area om 'n beginners les re reël.  Klubs het gewoonlik toerusting beskikbaar wat vir die eerste paar sessies gehuur kan word.  Aangesien dit 'n aansienlike belegging is om jou eie toerusting te koop word jy sterk aangeraai om eers jou eie toerusting te koop as jy bietjie advies gekry het en weet watter boog styl jy mee wil begin.

Boogskiet style:

1. Kompakte boog - soos die naam voorstel is die boog meer kompak as 'n recurve boog. Die boog het 'cams' wat help om meer krag te stoor en beter 'sights' vir beter akkuraatheid. Die boeë word verkies vir jag aangesien hulle klein is en meer krag agter die pyl kan sit.
Toerusting is maklik bekombaar, maar is gewoonlik duurder as 'n recurve boog.

2. Recurve - so genoem omdat die 'limbs' terugdraai na die voorkant van die boog. Die boog stoor meer energie as 'n langboog, maar minder as 'n kompakte boog. Recurve boeë kan vir jag gebruik word, maar word meer gereeld vir teiken skiet gebruik. Die boog word ook in die Olimpiese Spele gebruik.

3. Tradisioneel - langboog of kyudo (Japanese boogkuns). Die is gespesialiseerd en minder algemene style.

4. Kruisboog - word nie tegnies as 'n boogskiet styl erken nie, maar word soms ingesluit as 'n spesiale klas. 

Die SA Nasionale Boogskiet Assosiasie webblad het goeie inligting oor die sport in Suid Afrika.  Hulle lys ook klubs en erkende handelaars.

Toerusting:

Teen die tyd dat jy besluit om jou eie toerusting te koop het jy hopelik alreeds besluit watter tipe boog jy wil koop sowel as advies gekry oor die regte boog lengte en trek gewig. Klub lede behoort ook goeie advies te kan gee, maar hier is 'n paar webbladde om na te kyk:

www.potshot.co.za - Randburg
www.outdoorstuff.co.za - Centurion
www.performancearchery.co.za - Pinetown
www.magnumarchery.co.za - Gauteng
www.barikiwa.co.za - Roodepoort
www.iwarehouse.co.za - aanlyn winkel
www.bowtime.co.za - Brackenfell

Kyk gerus na ons koopgids vir meer inligting.

Assosiasies:
Gauteng Archery Association
SA Archery Association
Western Province Archer

Terug


English Afrikaans 

Tuis | Pluimbal |Rotsklim |Verfbal |Boogskiet |Fietsry | Kontak Ons                  Admin