CENTRAL SPORT

 

 

Cycling can be lonely, but in a good way. It gives you a moment to breathe and think, and get away from what you're working on. - David Byrne

Your bike is discovery; your bike is freedom. It doesn't matter where you are, when you're on the saddle, you're taken away. - Doug Donaldson

Fietsry is vir verskeie redes 'n populêre sport. Daar is geen impak op jou knieë nie, is 'n goeie kardio oefening en almal van enige ouderdom kan deelneem. Niemand is te oud om fiets te ry nie - die oudste persoon wat die Cape Argus Fietstoer klaargemaak het was 92 jaar oud toe hy die eindstreep oorgesteek het.

Jy kan fietsry op jou eie of in 'n groep geniet. Dan is daar natuurlik die keuse tussen padfiets ry en enkelspoor grondpad deur die veld. Waarokal jy verkies om te ry gaan jy altyd probeer om beter, vinniger en harder te ry as die vorige keer. Al die inligting oor klubs en wedrenne behoort jy te kan kry by jou naaste fiets winkel. As jy baie onfiks is, bly dalk eerder by die korter afstande, drink baie water en moet dit nie oordoen nie.

As jy nog nooit op 'n fiets geklim het nie is dit dalk 'n goeie idee om 'n vriend s'n te leen voordat jy koop. 'n Goeie wenk is om aan jou balans te werk terwyl jy op 'n grasperk ry aangesien 'n val op gras baie minder seermaak as op teerpad. Wanneer jy meer gemaklik is en 'n fiets wil koop, praat met 'n betroubare handelaar oor die beste fiets vir jou.  Onthou dat 'n bergfiets op teerpad kan ry, maar 'n padfiets doen nie so goed op grond, gruis of sand nie. Dit is nie nodig om aanvanklik die duurste toerusting te kry nie.  Maak net seker dat dit wat jy koop wel by jou pas.

Vir die wat ekstra oefening nodig het voor die pad / bergpaadjies aangepak word is spin klasse 'n goeie idee.  Dit is ook 'n lekker manier om ander fietsryers te ontmoet.

Toerusting:

Fiets - kry advies by die handelaar oor die regte grootte fiets.

Valhelm - 'n valhelm absorbeer die impak van 'n val en beskerm so jou kop. Maak seker dat die helm reg pas aangesien 'n helmet wat nie reg pas nie ook gevaarlik kan wees.

Klere - enige klere sal werk, maar die regte fietsry klere voorkom skaafplekke (veral op langer ritte).

Skoene - vermy aanknip skoene vir eers. As jy dit nie gewoond is nie kan dit slegte gevolge inhou as jy val.

Vir finansering en 'n lys van fiets winkels, kyk gerus na die Bikelife webblad.

The Hub website het 'n forum vir fietsry verwante besprekings en 'n 'classifieds' afdeling waar goeie kopies gevind kan word.

iWarehouse het 'n reeks toebehore vir enige fietsryer.

Cycling SA se kalender is by dié link:
Cycling SA Calendar

Waarskuwing
-Drink altyd genoeg vloeistowwe!

-Dra altyd 'n valhelm.

-Volg altyd die padreëls, gebruik goeie oordeel en moenie kanse vat nie. Moenie die hele pad vol ry nie en onthou dat jy nie die enigste gebruiker van die pad is nie. In 'n ongeluk is jy die een wat gaan tweede kom teen 'n kar.

Terug


English Afrikaans 

Tuis | Pluimbal |Rotsklim |Verfbal |Boogskiet |Fietsry | Kontak Ons                  Admin