CENTRAL SPORT

 

 

Recurve boog:

Recurve book

Kompakte boog: 

Kompakte boog

Illustrasies van http://www.discoverarchery.org/.

Nuus

Boogskiet Koopgids

Boogskiet toerusting bestaan op die minste uit 'n boog en pyl. Dit is natuurlik baie eenvoudig gestel aangesien daar verskillende boë, pyle en ander toerusting is wat jou baie kan help.

Die toerusting kan baie duur wees en soos SANAA aanbeveel is dit wys om eers 'n afspraak by 'n klub te maak vir lesse en advies oor die koop van toerusting. Vat jou tyd om te leer wat jy nodig het voor jy spring en verkeerd koop. Dit kan jou baie duur te staan kom.

Boë

Daar is verskillende boog tipes, maar die mees algemene is die krom (recurve) boog en die kompakte boog.

Kromboog (Recurve bow)

Die kromboog is gewoonlik goedkoper en minder kompleks as die kompakte boog (ten minste aan die begin). Die kromboog is ook die enigste boog wat huidiglik in die Olimpiese spele gebruik word. Daar is 'n paar nadele as jy 'n kromboog met 'n kompakte boog vergelyk. Die eerste is dat die boog minder kompak is. Die tweede is dat die volle spanning van die boog gehou moet word vandat die boog gespan word tot die pyl gelos word.

'n Kromboog bestaan uit die volgende:

Handvatsel (riser) - dien as handvatsel van die boog en ook die basis waar als aan vasmaak
Limbs - heg bo en onder aan die handvatsel en word gespan met die boogsnaar. Limbs bepaal wat die ponde van die boog is en dra by tot die lengte
Boogsnaar - word terug getrek om die boog te span en gelos om die pyl vorentoe te skiet
visier - 'n voorste visier kan bygevoeg word om te help mik

Opsioneel:

Stabiliseerder - hou die gespanne boog stabiel en verminder beweging as die pyl gelos word
Clicker - waarsku waneer die boog ten volle gespan is en die regte span lengte bereik is. Help om eenvormigheid te verbeter.
Anker - 'n item wat aan die snaar geheg word om 'n konstante ankerpunt te verseker. Die anker word met die lippe of deel van die gesig aangeraak.

Die limbs van die kromboog buig effens forentoe weg van die skut. Die ontwerp laat toe dat meer energie gestoor word om die pyl vorentoe te skiet.
As gevolg van die ontwerp kan die kromboog verder en harder skiet met dieselfde inspanning as die tradisionele reguit boog.

Kompakte boog

Die boog is meer kompak as die kromboog en is gepas vir jag, teiken skiet en paraplegiese skuts. Die boog is ontwerp sodat 50 - 80% van die spanning wegval wanneer die boog ten volle gespan is. Dit maak dit makliker om die volle spanning te hou terwyl gemik word. Om die rede is die kompakte boog beter vir jag aangesien die boog ten volle gespan gehou moet word terwyl daar vir die teiken gewag word.

Die boog bestaan uit baie dieselfde parte as die kromboog, maar met 'n paar byvoegsels:

Handvatsel (riser) - dien as handvatsel van die boog en ook die basis waar als aan vasmaak
Limbs - heg bo en onder aan die handvatsel en word gespan met die boogsnaar. Limbs bepaal wat die ponde van die boog is en dra by tot die lengte
Boogsnaar - word terug getrek om die boog te span en gelos om die pyl vorentoe te skiet
Buss Cable - werk saam met die katrol stelsel
Kabel staf - hou die kabels uit die pyl se pad en absorbeer van die vibrasies
Visier - saam met die voorste visier kan 'n agterste loer visier gebruik word. Die loer visier word in die boogsnaar ingevoeg en sorg dat die belyning elke keer reg is tussen die voorste en die loer visier.

'n Sneller hulp word gereeld gebruik saam met kompakte boë. Dit verseker dat die vrylating van die pyl elke keer dieselfde gebeur en lei tot meer stabiele pyl vlug. Daar is verskillende opsies: gewrig band / sneller hulp, handvatsel / vinger hulp en outomaties / hidroliese hulp. Die toestel wat jy kies gaan bepaal word deur die tipe boogskiet wat jy gaan doen. Hou in gedagte dat jy tyd gaan moet spandeer met die toestel wat jy kies om gewoond te raak aan die aksie.

Opsioneel:

Stabiliseerder - hou die gespanne boog stabiel en verminder beweging as die pyl gelos word
Dempers - verskeie toestelle wat vibrasies en klank demp. Die toestelle is handig vir jag.

Minder algemene boë sluit in:

Eenstuk boog - gemaak uit 'n enkele stuk hout.
Langboog - soos die naam voorstel is die boog lank, soms oor 1.5m.
Saamgestelde boog - gemaak van meer as een tipe materiaal insluitend horing, hout en sening.
Japanese boog (yumi) - word in Kyudo gebruik. Die boog is oor 2m lank en word van bamboes, hout en leer gemaak.

Pyle

'n Boog sonder pyle is nie veel werd nie. Om pyle te skiet is tog die hele doel agter om 'n boog te kry.

Pyle kan verskil in lengte, gewig en materiaal.
Om te bepaal wat die regte pyl lengte vir jou is moet jy jou trek afstand weet. Sodra jy jou trek afstand weet (in duim), las 0.5" tot 'n maksimum van 1" by om die regte pyl lengte te kry.
Dit is veiliger om eerder 'n langer pyl as 'n te kort pyl te gebruik.

Die pyl se gewig moet nie minder as 5 graan per pond trek gewig wees nie. As dit onder5 graan is gaan jou boog ernstig skade ly as jy skiet. Kies 'n pyl wat tussen 5 en 8 graan per pond trek gewig is.

Die samestelling van die pyl kan baie verskil. Daar is geen regte antwoord oor die beste pyl nie, so die beste is om te eksperimenteer met verskillende pyle om die regte een vir jou te vind.

Nog 'n baie belangrike aspek is die styfheid van die pylskag. Dit is hoe styf die pyl is of die weerstand teen buiging. Alle pyle buig as hulle gelos word, maar dit is belangrik dat die pyl nie te styf of sag is nie. 'n Stywer skag sal gebruik word as die pyl gewig, pyl lengte of trek gewig verhoog word. Meeste vervaardigers het 'n kaart om te help om die regte pylskag te kies. Besoek gerus 'n boogskiet winkel vir advies.

Vir enige hulp oor pyle, kontak of besoek 'n boogskiet winkel. Met die regte inligting sal hulle kan help dat jy in alle aspekte die regte toerusting kies.

Beskerming

Vinger blad - 'n vinger blad is 'n klein stuk leer of sintetiese material wat jou vingers beskerm teen die skaaf van die boogsnaar. Terwyl dit handig is om seer vingers te voorkom is dit belangrik om te weet dat dit die tegniek om die pyl te los ook verander.

Arm skerm - die skerm word op die voorarm gedra op die arm wat die boog vashou. Die skerm keer dat die snaar perongeluk die arm tref (iets wat baie pynvol kan wees) en hou ook die mou uit die pad van die snaar.

Klere

Daar is nie spesifieke klere vir boogskiet nie, maar ek kan 'n paar goed aanbeveel:

 

- Klere moet nie te los wees nie. Los klere kan in die pad kom en inmeng met die skoot.
- Dra gemaklike skoene. Jy gaan heelwaarskynlik vir 'n lang ruk staande wees as jy gaan skiet. Gemak en stabiliteit is baie belangrik.

comments powered by Disqus

Terug


English Afrikaans 

Tuis | Pluimbal |Rotsklim |Verfbal |Boogskiet |Fietsry | Kontak Ons                  Admin