CENTRAL SPORT

Nuus

Ouderdom en Sport. Net 'n nommer?

'n Vroeë begin is goed...

 

Ek dink almal sal saamstem dat dit beste is om 'n sport te begin as jy nog jonk is. Jy het beter buigbaarheid, reaksies, spoed en krag. Vinnige beweging is makliker voor jou vroeë 30s. Baie atlete bereik die piek van hulle vermoë tussen die ouderdom van 20 en 30.

Atlete wat vroeg begin kan hulle beywer om alles van 'n sport te leer. Hulle het meer tyd om te oefen en met professionele afrigting kan hulle op die hoogste vlak kompeteer. Die is die persone wat pluimbal begin sodra hulle 'n raket kan vashou, fietsry as hulle hulle eerste fiets kry en boogskiet sodra hulle leer dat die skietbaan nie daar is om op rond te hardloop nie.

Nie baie van ons is so gelukkig om so vroeg te begin nie, maar dit hoef ons nie te keer om 'n sport te geniet nie.

Moenie dat 'n laat begin jou keer nie.

 

 

Jy mag dalk jou piek en die kans om op 'n hoë vlak te kompeteer gemis het, maar niks keer jou daarvan om 'n sport te kies en te geniet nie. Om later te begin bedoel dat jy harder gaan moet werk vir langer om 'n goeie resultaat te bereik, maar jy kan dit steeds geniet en in laer ligas deelneem.

Sielkundig raak die keuse om aktief te raak moeiliker soos ons ouer word. As jy begin moet jy leer om uitdagings, terugslae en nederlae te hanteer. As jy gefrustreerd en kwaad raak gaan jy verseker swakker speel. Om te leer om na 'n terugslag weer te fokus is belangrik om jou kop in die spel te hou.

As jy 'n fisiese besering of gebrek het beperk dit dalk jou keuse van sport. Wees bereid om 'n kompromie aan te gaan.  Jy kan dalk nie meer rugby speel of rotsklim nie, maar kan maklik pluimbal speel of aan boogskiet deelneem.

Voordele van aktief wees

 

Die voordele van aktief wees sluit in:
- verminderde risiko van kroniese siekte. Dit sluit in hart probleme, beroerte, tipe 2 diabetes, obesiteit, verstandelike probleme en musculoskeletale probleme.
- vermindering van sielkundige probleme soos depressie, angstigheid en emosionele versteuring.
- dit versterk sosiale netwerke en gemeenskaplike identiteit.

comments powered by Disqus

Terug


English Afrikaans 

Tuis | Pluimbal |Rotsklim |Verfbal |Boogskiet |Fietsry | Kontak Ons                  Admin